Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord

 

Welkom by ons gemeente se tuiste op die internet!

OGGENDDIENS  elke Sondagoggend 9.00,  eis doxan uitreikdiens elke Sondagoggend 11.00, PITSTOP! ...elke Sondagaand 18.00. GELOOFSVORMING VIR KINDERS vind elke Sondagoggend om 10.00 plaas vir Gr 4 tot 7 kinders. Tydens elke oggenddiens verlaat die kinders van voorskools tot Gr 3 die erediens om na die kinderkerk te gaan. Geloofsvorming vir Gr 8 tot 12 kinders vind Woensdae by die onderskeie skole plaas.

Home
Ons geskiedenis
Wat die Here van ons vra
eis doxan
Pitstop
Kleingroepe
Marturein
Op en Wakkeres
Geloofsvorming vir kinders
Preke
Publikasies en toerustingmateriaal
Personeel
Jaarprogram
Fotos

 

 

MENSGESENTREERDHEID teenoor JESUSGESENTREERDHEID

Laai die diagram hier af

 

WAARNA ONS STREEF: Ons wil mense by Jesus Christus uitbring (en nie maar name op ons lidmaatregister kry nie). Ons wil almal toegerus word vir die lewe en deur dissipelskap (navolging van Jesus) by geestelike volwassenheid uitkom. So wil ons lewe met 'n passie vir God se saak op aarde.  Geestelike volwassenheid dring ons om die volgende vyf skuiwe te maak:

  1. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat sy eie stelsels in stand hou na 'n gemeente wat by die essensie van kerkwees wil uitkom.

  2. 'n Skuif weg van dooie strukture na lewende verhoudings.

  3. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat gedien wil word na 'n dienende gemeente.

  4. 'n Skuif weg van kerkleiers wat van bo af gesag en beheer uitoefen na 'n gemeente wat van wortelvlak af funksioneer.

  5. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat bloot ter wille van homself bestaan na 'n gemeente wat bestaan ter wille van die nood van hierdie wêreld.

Ons is 'n gemeente van bloed-gewasde, wedergebore Christene wat nie ons eie naam of gemeente-stelsels wil bevorder nie, maar wat in nederigheid onsself vir die Here en sy saak op aarde wil gee, net soos wat baie ander gemeentes in ons dorp ook doen (met wie ons graag hande vat).  Belewing van ons verhouding met die Here is vir ons baie belangriker as blote kennis van die Here. Om 'n beliggaming van ons oortuiging te word is kardinaal. Ons glo dat God eers sy eer ontvang wanneer ons geloof konkreet word.

Die jongmense sing 'n liedjie: "I'm coming back to the heart of worship; and its all about You, Jesus..."  ("When the music fades"). Hierdie woorde is 'n mooi samevatting van ons strewe.  Ons visie is om 'n gemeente van geestelik-volwasse mense te wees. Dit is mense wat die beeld van Christus in hierdie wereld vertoon.

KONTAK ONS:

Kerkkantoor: [Kantoorbestuurder: Elna Lewis]. Kantoorure: 09:00 tot 13:00, weeksdae

Telefoon en faks 013 245-1359, Elna se sel (vir noodgevalle): 082 556 4467

E-pos: midnoord@midict.co.za  Posadres: Posbus 767, Middelburg, 1050.

Adres van die kerkgebou: Dahlialaan, Kanonkop, Middelburg, Mpumalanga. Kaart (benodig Adobe Reader)

Koördinate:

25º44'44.80"S   29º28'37.30"E

 

 

 

 

     

Home | Ons geskiedenis | Wat die Here van ons vra | eis doxan | Pitstop | Kleingroepe | Marturein | Op en Wakkeres | Geloofsvorming vir kinders | Preke | Publikasies en toerustingmateriaal | Personeel | Jaarprogram | Fotos

This site was last updated 10/17/11