
Ons verbintenis tot die Here en sy kerk:
Ons verbind ons tot Christus se standaard vir Christen-wees en kerkwees soos dit in die Skrif gestel word en ons aanvaar dat Hy nooit hierdie standaard verlaag het nie. Hierdie 15 kernwaardes bind ons gemeente saam in die mate waarin elkeen hom/haar hiertoe verbind.
· Ons plaas Jesus Christus sentraal in ons lewe en onderneem om Hom te volg en sy voorbeeld as die enigste riglyn vir ons denke en dade te aanvaar. Om vir Hom te leef is ons hoofmotief.
Rom 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
2 Kor 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewons is.
·
Ons verbind ons daartoe om na Jesus toe te groei en sy beeld te vertoon.
Efesiërs 4:15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, 16 en uit Hom groei die hele liggaam.
Kolossense 2:19 Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.
Rom 8:29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun,
· Ons aanvaar dat hierdie geestelike groei behels om te groei...
o van bloot 'n bywoner tot 'n deelnemer,
o van 'n besoonser tot 'n toegewyde,
o van bloot 'n verbruiker tot 'n bydraer,
o van iemand wat bloot wil ontvang tot iemand wat bereid is om te gee,
o van iemand wat graag gedien wil word tot iemand wat wil dien,
o van die natuurlike eie-ons tot iemand wat die beeld van Christus vertoon,
o van lidmaatskap tot dissipelskap,
· Ons onderneem om ons funksie te vervul in ooreenstemming met die gawes wat die Here vir ons gegee het.
Efesiërs 4:7 Aan elkeen van ons is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. …11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. 16 Die verskillende liggaamsdele pas by monsaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.
· Ons onderneem om van ons mede-gelowiges te ken en te dien met alles wat dit behels.
1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien.
· Ons gaan ons daarvoor bewyer om 'n oog te ontwikkel vir mense in nood en om na hulle uit te reik.
Matteus 25: 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U sions gesien of in die tronk en U besoons?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit versonser Ons julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van Ons gedoen het, het julle dit aan Ons gedoen.’
· Ons onderneem om die evangelie uit te dra na kerklose mense en om ongelowiges by die Here uit te bring.
Matteus 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense ons dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ons julle beveel het.
Matteus 5:13 “Julle is die sout vir die aarde. 14 “Julle is die lig vir die wêreld.
· Ons onderneem om al die eredienste by te woon (behalwe wanneer ons met 'n skoon gewete voor die Here kan sê dat dit prakties nie moontlik is nie).
Hebreërs 10:25 Ons moenie van die samonsomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar monsaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
· Ons onderneem om 'n deel van ons inkomste te gee as dankoffer aan sy kerk.
Maleagi 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in ons huis kan wees, en toets Ons hierin, sê die Here die Almagtige. Toets Ons of Ons nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.
Spreuke 3:9 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10 dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.
· Die Here wil van sy kerk 'n eenheid maak van mense wat in eensgesindheid leef. Daarom gaan ons hierdie eenheid nastreef en dit nie deur ons optrede versteur nie.
1 Korintiërs 1:10 Ons doen ‘n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging.
Efesiërs 4:3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met monsaar te lewe. 4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 5 Daar is net één Here, één geloof, één doop, 6 één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
· Die Here wil hê dat sy kerk hom sal besighou met sake wat as beginselsake of hoofsake in God se koninkryk bestempel kan word en daarom onderneem ons om ten opsigte van bysake of middelmatige sake buigsaam te wees en ons mede-gelowiges daarin te verdra. Ons wil gevolglik nie 'n groot bohaai opskop oor sake wat nie vir die Here belangrik is nie.
Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie ‘n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.
Filippense 1:9 Ook bid ons dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.
· Christus is die Hoof van die kerk – en Hy is die enigste Een wat seggenskap oor sy kerk het. Daarom gaan ons nie beswaar maak op grond van ons gevoel of sentiment oor 'n saak nie, maar slegs wanneer ons oortuig is, en dit kan aantoon, dat 'n saak teen Christus se bedoeling vir sy kerk is.
Kolossense 1:18: Hy (Christus) is die hoof van die liggaam, van die kerk.
· Ons aanvaar dat die kerk van Christus nie rassisties is nie, en dat Middelburg-Noord is ook nie 'n rassistiese gemeente is nie.
Matteus 22:39: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
· Die Here wil van sy kerk 'n biddende gemeenskap maak. Ons onderneem daarom om gereeld vir die kerk van die Here en vir mede-gelowiges te bid. Ons bid ook gereeld vir God se saak op aarde.
Romeine 15:30 Ons versoons julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met ons deur vir ons te bid
Efesiërs 6:18 Doen dit alles biddend en smeons God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.19 Bid ook vir ons dat wanneer ons preons, God ons die woorde gee dat ons die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bonsend maak.
· Ons aanvaar dat die Here van ons elkeen vra om meer as net 'n uur per weons vir diens in sy kerk en Koninkryk af te staan.