Publikasies en toerustingmateriaal
Home
Ons geskiedenis
Wat die Here van ons vra
eis doxan
Kleingroepe
Marturein
Geloofsvorming vir kinders
Preke
Publikasies en toerustingmateriaal
Personeel
Fotos

 

Home | Ons geskiedenis | Wat die Here van ons vra | eis doxan | Kleingroepe | Marturein | Geloofsvorming vir kinders | Preke | Publikasies en toerustingmateriaal | Personeel | Fotos

Die volgende boeke deur Dr Francois Kruger is beskikbaar by ons kerkantoor (tel 013 245-1359, Posbus 767, Middelburg, 1050) of by die Administratiewe Buro in Potchefstroom (018 297-3986, Posbus 20004, Noordbrug, 2522) tensy anders aangedui:

 

TYDLOSE TOERUSTING TYDIG GEBRING. 'n Preekbundel met leesgids.

Hierdie bundel bevat 40 preke oor die volgende temas:

Leer God beter ken; Hoe kan ek God eer?; Leer Christus beter ken; Ek en Christus; Leer jouself beter ken; Skep moed en versterk jouself; Hoe om te lewe; Ek kan in hoop lewe ?die opstanding van die liggaam; Word verander; Nederigheid en selfverloëning; Hoe hanteer ek verhoudings met my mede-mens?; Hoe hanteer ek swaarkry?; Beginsels oor die gemeente, my kerklidmaatskap en my godsdiens; Beginsels oor die rusdag; Werksetiek.

Prys R60.

 

  

 

VERANDERING IN DIE KERK. Maak seker jy verstaan dit.

Hierdie is 'n populêre boekie, wat vanuit eie ervaring, in gewone taal, aan mense die sin probeer leer van noodsaaklike verandering in die kerk. Die onderskeid tussen strukture en inhoud (of vorm en funksie) word verduidelik.

Die doel van boekie is om kerke te help om 'n skuif te maak weg van dooie strukture na lewende verhoudings. Die laaste deel handel oor: Hoe om God Drieënig sentraal te plaas in die kerklike lewe.

Hierdie boekie is al met vrug deur kleingroepe gebruik.

Prys R25.

 

DIE LES VAN DIE ARKDEUR. Staan jy dalk aan die verkeerde kant van die arkdeur? Kyk eerlik na jou verhouding met Christus.

Die doel met hierdie boekie is om ware Christene te onderskei van naam-Christene (of mode-Christene).

Hierdie boekie wil jou bewaar van 'n valse gerustheid en jou opskerp om jou geloofsverhouding met Christus onder o?te neem. Dit wil jou bring by 'n Bybelse, konkrete en praktiese verhouding met jou enigste Saligmaker.

Hierdie boekie is al met vrug deur kleingroepe gebruik.

 Prys R20.

 

 

DIE HEILIGE GEES. Wanneer werk die Gees in 'n gemeente en wanneer nie?

Hierdie boekie beskryf die krag van die Heilige Gees en die verskil wat dit in mense se lewens maak.

Daar word ook gefokus op gevalle waar ons die Heilige Gees weerstaan, bedroef of uitblus.

Die doel is om die onontbeerlike werk van die Gees in gemeentes te onderstreep.

Hierdie boekie is al met vrug deur kleingroepe gebruik.

 Prys R20.

 

JY IS DIE KERK! 'n Leiersgids.

Ons hele gemeente het hierdie boekie tydens 'n 40-dae fokustydperk deurgewerk - met groot vrug. Dit bring begrip van wat kerkwees en Christenwees beteken. Daar is ook 'n DVD beskikbaar (kyk hieronder) wat tydens die fokustydperk deur kleingroepe gebruik is.

Temas is die volgende: Motiewe, verhoudings, koinonia, wat is 'n kerk?, geestelike groei, visie, spanwerk, verandering, uitreik, toerusting. leierskap, ens.

Prys R30

 

JY IS DIE KERK!  40 dae fokustydperk. 'n DVD

Hierdie DVD is bedoel om saam met die deurlees van die boek, tydens kleingroep-byeenkomste te kyk.  Die DVD bevat 6 temas uit die boek wat telkens vanuit 'n ander hoek belig word as wat die geval met die boek is. Dit bevat ook gespreksriglyne.

Die ses temas is: 1. Motief en kontra-motief; 2. Die twee verhoudings-pilare; 3. Wat is 'n kerk? 4. Visie en 'n dienende gemeente; 5. Verandering; 6. Uitreik.

Prys R50 (nie by Admin Buro beskikbaar nie)

 

 

LEER DIE BYBEL SELF VERKLAAR. 'n Omvattende gids om die krag van die Bybel as Woord van God te ontsluit.

Hierdie boek is vir die ernstige Bybelleser wat meer oor die agtergrond, ontstaan en verklaringsmetodes van die Bybel wil weet. Dit is die leser wat nie sommer die leraar se opinie aanvaar nie maar wat self op 'n wetekaplike en kontroleerbare wyse wil weet wat presies verskillende Bybeldele beteken.

Francois Kruger is mede-outeur saam met Fika van Rensburg.

Beskikbaar by CUM-boeke.

 

 

LEIERSKAP - 'n DVD met 6 lesings op met die oog op bemagtiging van kerkleiers. Temas is die volgende:

Integriteit;

Wat het langs die pad bygekom?;

Verhoudings;

Dissipelskap;

Verandering;

Uitreik.

 

Die volgende publikasies en studiestukke is deur Francois Kruger opgestel en kan gratis afgelaai word:

 

This site was last updated 08/31/10

A freestanding subsidiary of Seiko rolex replica (but with its own history, heritage, and innovations), Orient is Japan's largest producer of mechanical watches, and a true in-house rolex replica manufacture. Everything on Orient's watches, the case, the strap, and especially the robust movements, is created in-house, with typical Japanese quality control despite their affordable price point. These aren't Pateks, and rolex replica sale aren't going to fool anyone to thinking they are. Still, Orient dress watches have their own unique charms, from their very Asian design hublot replica uk sensibility, to finish and construction that punches above its weight, considering their rolex replica sale cost. We've taken a look at a few of their dressier models from their current range, from their rolex replica uk simplest three-handers to ones with complications and quirkier design aesthetics, and replica watches sale see how they stack up hands-on.