Marturein

 Home Ons geskiedenis Wat die Here van ons vra eis doxan Pitstop Kleingroepe Marturein Op en Wakkeres Geloofsvorming vir kinders Preke Publikasies en toerustingmateriaal Personeel Jaarprogram Fotos09/10/11

 

 

Marturein beteken "om te getuig" in Grieks.

Hierdie uitreik-aksie het komitee wat koordineer. Dit is egter nie slegs hierdie komitee wat uitreik nie: die hele gemeente reik uit (of is veronderstel om uit te reik). Dit geskied veral in kleingroepverband. Elke kleingroep het 'n uitreik-projek waarby die hele groep betrokke is.

Middelburg-Noord vat hande met NG Dennesig vir gesamentlike gebedsgeleenthede; met NG Wes (Ligkruis) vir kinders-uitreike; met Corpus Christi vir Harvest Evangelism. Ons is betrokke by Hlanganani, Goelama, Care Villige, Doornkop.

Ds Joseph Nglovu bedien in Mhluzi, Bankfontein en Wonderhoek.

UITREIK NA SEKUKUNILAND! 'n Klomp van ons (meesal Pitstoppers) het op 23 en 24 Jan 'n uitreikbesoek gebring aan Magnet Height, naby Schoonoord (of Skinnerd) in Sekukuniland waar Johan de Wit besig is om byna die hele Sekukuniland vir Christus te wen.

UITREIK-GELEENTHEDE

1.        Bankfontein en Wonderhoek

Jesus Cares Ministry het ‘n eerste drie maande sessie gehad op Bankfontein. Dit was baie suksesvol, dit is toe verleng met nog drie maande, en nou permanent. Past. Abraham is nou voltyds op Bankfontein en bedien die gemeente en die skool gedurende hulle pouses ens. met evangelisasie, onderrig, berading en dienste / preke. Past. Joseph Ndlovu is nou net betrokke by preke op Wonderhoek (behalwe sy werk by Living Fountain en Kanonkop se Zulu dienste), en dit gaan goed daar, word ondersteun diur Jesus Cares Ministries. Liesbet (ex. Kleuterskool) is opgelei in kinder evangelisasie by Petra Kollege en bied nou twee keer per week klassies aan vir die Gr 0 met die samewerking van die kleuterskool onderwyseres en die skoolhoof. Kontak Johan en Alta.

2.        Kleuterskool

Die Departement het die Kleuterskool oorgeneem – net as Gr0 klas. Volgende jaar gaan Liesbet weer Kleuterskool vir voor Gr0 begin (en voortgaan met die kinderevangelisasie).  Kontak Maarten.

3.        Fasiliteite / Hulpbronne

Die Bakkie was gebreek, Ligthelm Kwekery het dit reggemaak. Die tent van Jesus Cares moet vervang word met ‘n gebou. Benodig boumateriaal. Die Kleuterskool benodig baie hulpmiddels (Gr 0 en die kleintjies) Die kleuterskool benodig terreinfasiliteite en grasperk en heining. Die mense benodig baie lewensmiddele en klere, speelgoed ens. Daar is dringend 220 Bybels nodig (4 tale – Zulu, Pedi, Tsonga en Engels). Kontak Maarten.

4.        Hlanganane (kontak Phil en Corrie)

Ligthelms het bome geskenk. MFC het ‘n gebou opgerig. Dis die moeite werd om hulle te besoek. Adriaan en Fiena leef van R500/m (van NG Wes). Benodig finansiële steun.  Benodig voedsel vir die voedingskema.

5.        Care Village (kontak Hennie en Emma)

Het nie veel details nou nie. Fisiese versorging is beter as ander plekke, maar die kinders benodig aandag & kuier.

Turn the Tide for Children

Hier werk ons saam met die NG Kerk Wes se aksies. Die doel is om weeskinders in Mhluzi te versorg. Kontak Allewyn en Corrie.

6.        Tabernakel kerk (Nasaret)

 Ds Corrie Mostert het begin met 'n gemeenskapsprojek in Nasaret. Sy doel is om jong mense van die strate af te hou en so bendevorming teen te werk. Kontak Neels Moolman.

 Sekhukhuniland

Hier wil ons vir Johan de Wit bystaan in die uitreikwerk wat hy daar doen. Sy oogmerk is om gedurende die res van sy lewe die 1.3 Miljoen mense (waarvan 1% ware Christene is) te bereik. Op die foto is Johan en Hendrik.

 Pitstop uitreik

 Die doel is om kerklose jong mense in Middelburg te bereik en hulle by Jesus uit te bring. (Kontak Werner)

Operasie Mobilisasie

 Ockie en Lenie Coetzer (foto regs) en hulle dogter Magda doen voltyds uitreikwerk, veral in die oosterse lande. http://www.om.org/

 17,000-aksie.

 Daar is 17,000 mense in Middelburg se tradisioneel blanke woongebiede wat by geen kerk inskakel nie. Kontak Francois of Werner.

Rietfontein Informele Nedersetting

 

 Daar Ds Joseph Ndlovu het hier negin met 'n uitreik. Na 'n week se dienste het 180 mense by die Here uitgekom en hulle tot Hom, verbind. Hulle kort steeds fasiliteite en baie ander benodigdhede. Kontak vir Francois

Avalon

 

 Daar Avalon anderkant ChromeVille. Mens sien dit nie van die dorp se kant af nie. Dit is 'n plakkerskamp waar groot armoede heers. Kinders sterf daar van honger. Dis ook 'n nes van allerhande onheil. Ds Joseph Mhlangu het 'n stuk grond daar bekom. Die Here het vir Ds Gayl voorsien wat elke dag van Witbank af ry en 'n bediening in Avalon op died been kry. Dit bestaan uit kosvoorsiening, kindersorg, dissipelmaking. Kontak vir Francois.

 

Home | Ons geskiedenis | Wat die Here van ons vra | eis doxan | Pitstop | Kleingroepe | Marturein | Op en Wakkeres | Geloofsvorming vir kinders | Preke | Publikasies en toerustingmateriaal | Personeel | Jaarprogram | Fotos

This site was last updated 08/31/10