Kleingroepe

Home Ons geskiedenis Wat die Here van ons vra eis doxan Pitstop Kleingroepe Marturein Op en Wakkeres Geloofsvorming vir kinders Preke Publikasies en toerustingmateriaal Personeel Jaarprogram Fotos

Dit is nou vir 10 jaar wat ons gemeente-lede gereeld in groepe bymekaar kom. Dit is iets wat diegne wat betrokke is al meer en meer sinvol beleef. Sommiges het al gese: "Dit is een van die beste dinge wat met my kon gebeur het."

Waaroor gaan kleingroepbediening? Nie oor kleingroepe nie (dis bloot 'n struktuur), maar oor die opdrag wat die Here gee aan elke gelowige om vir sy/haar mede-gelowige verantwoordelikheid aanvaar.

Dit is wat 'n kleingroep is: 'n klompie gelowiges wat bymekaarkom en sê: ons onderneem om na mekaar om te sien, ons gaan vir mekaar sorg, mekaar liefhe, mekaar ondersteun, bemoedig, vermaan en vir mekaar bid. (Hierdie mekaar opdragte word in die Handleiding uitvoerig behandel).

Kleingroepe is ook 'n instrument om geestelik te groei wanneer mens blootgestel word aan die voorbeeld van ander gelowiges.

Om meer te lees, laai die Handleiding hier af.

'n DVD waar die 6 elemente behandel word, is by die kantoor beskikbaar teen R20. Dit gaan daar oor die vraag "Wanneer werk 'n kleingroep en wanneer nie?"