|
|
|
|
Ons is 'n gemeente van
bloed-gewasde, wedergebore
Belewing van ons verhouding met die Here is vir ons baie belangriker as blote kennis van die Here. Om 'n beliggaming van ons oortuiging te word is kardinaal. Ons glo dat God eers sy eer ontvang wanneer ons geloof konkreet word. Die jongmense sing 'n liedjie: "I'm coming back to the heart of worship; and its all about You, Jesus..." (When the music fades). Hierdie woorde is 'n mooi samevatting van ons strewe. Ons visie is om 'n gemeente van geestelik-volwasse mense te wees. Dit is mense wat die beeld van Christus in hierdie wereld vertoon. Kliek op die navigasie-knoppies hierbo om verder te lees oor: Wat die Here van ons vra - en wat ons graag teenoor Hom onderneem. Kleingroepe Marturein uitreik-aksie. Die Op-en-Wakkeres seniorgroep. Pitstop alternatiewe aanbiddingsgeleentheid. Geloofsvorming vir kinders. en Ons Geskiedenis .
|
|
This site was last updated 03/25/09