Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord

 

Welkom by ons gemeente se tuiste op die internet!

OGGENDDIENS  elke Sondagoggend 9.30.  PITSTOP! ...elke Sondagaand 18.00!   - ons lekker, alternatiewe aanbiddings-geleentheid vir die jonges en jongdenkendes.   GELOOFSVORMING VIR KINDERS vind elke Sondagoggend om 10.30 plaas vir Gr 4 tot 7 kinders. Tydens elke oggenddiens verlaat die kinders van voorskools tot Gr 3 die erediens om na die kinderkerk te gaan. Geloofsvorming vir Gr 8 tot 12 kinders vind tydens die week by hulle skole plaas.

Home
Kontakbesonderhede
Doen en late
Publikasies en toerustingmateriaal
Preke
Jaarprogram
Personeel
Fotos

 

 

IN KORT: Ons wil mense by Jesus Christus uitbring (en nie maar name op ons lidmaatregister kry nie). Ons wil almal toegerus word vir die lewe en by geestelike volwassenheid uitkom. So wil ons lewe met 'n passie vir God se saak op aarde.

Geestelike volwassenheid dring ons om die volgende vyf skuiwe te maak:

  1. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat sy eie stelsels in stand hou na 'n gemeente wat by die essensie van kerkwees wil uitkom.

  2. 'n Skuif weg van dooie strukture na lewende verhoudings.

  3. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat gedien wil word na 'n dienende gemeente.

  4. 'n Skuif weg van kerkleiers wat van bo af gesag en beheer uitoefen na 'n gemeente wat van wortelvlak af funksioneer.

  5. 'n Skuif weg van 'n gemeente wat bloot ter wille van homself bestaan na 'n gemeente wat bestaan ter wille van die nood van hierdie węreld.

_____________________________________

RENTMEESTERSKAP! Fokustydperk van 17 Mei tot 7 Junie 09.
Oogmerk: Verantwoordelike rentmeesterskap in Middelburg-Noord

      17 Mei: Wat is rentmeesterskap?

      24 Mei: Christus herdefinieer rentmeesterskap as diensknegskap. 

      31 Mei: Regte en verkeerde houding teenoor geld.

      7 Junie: Die Bybel en dankoffers.

Volgelinge van Jesus weet dat hulle duur gekoop is deur die bloed van Jesus en dat hulle en alles wat hulle het, aan Hom behoort.

Die vraag is nie net Wat gee jy vir die Here? nie, maar: Wat hou jy terug? Dit bepaal jou gesindheid.

Bybelstudie vir kleingroepe kan hier afgelaai word. Kry preke onder die Preke-tab.

 

MANNEKAMP!  Die Here het ons geseen met 'n baie opbouende mannekamp toe ons die naweek van 19 tot 22 Maart die Sabi-Sand mannekamp uitgekoop het en 50 van ons gemeente se mans in die natuur die Here opnuut gaan leer ken het en ons verhouding met Hom weer sterk gemaak het. Die Here het daar op besondere wyse met elkeen gepraat en meeste mans het hulle opnuut aan die Here toegewy.
Die heel eerste aand het 'n blyplek  afgebrand en elf manne het hulle besittings verloor. Dit was egter opvallend hoe kalm en vol berusting hulle was. Waar die Gees werk laat mens nie toe dat enige iets jou van die spoor af kry nie. Hulle het ook die keuse gehad om terug te gaan maar het soos een man gese dat hulle gaan bly en hulle het die kamp voltooi.
Ongeveer 50 vroue het deur die naweek vir ons gebid. Baie dankie aan julle.
Kyk na nog fotos.

2009 SE FOKUSTYDPERKE: Besonderhede van die temas en inhoud kan hier gesien word.

Diagram met KERKLIKE TIPERINGS kan hier afgelaai word.

 

     

Home | Kontakbesonderhede | Doen en late | Publikasies en toerustingmateriaal | Preke | Jaarprogram | Personeel | Fotos

This site was last updated 05/18/09